Oor Almega Karavaanpark
Privaat Staanplekke
Die eienaars van Almega karavaanpark is self ook kamp mense en het besluit om n karavaanpark te bou soos hulle dit graag sou wou hê. Hulle het begin met die volgende in gedagte:

Groot staanplekke sodat 'n mens privaat en gemaklik kan kamp

Baie koelte bome en groen gras

Privaat ablusies wat altyd warm water het

En laastens netheid soos: Ablusies silwer skoon, plaas paaie geskraap en heinings netjies.

Hout en ys word een keer per dag by die staanplek afgelewer en kan enige tyd deur die loop van die dag by die kantoor verkry word.
Privaat Geriewe
Groot grasbedekte staanplekke met skaduryke bome
Dubbel wasbak vir skottelgoed
15A Standard karavaan krag koppel punt
Geplaveide braai area met braaier
Netjiese boomryke kampeer terein
Klim raam met sandpit en swaaie vir kinders
Geplaveide vuur en braai area vir groepe
Jukskei baan
Kamp terein is omhein
15km grond paaie vir stap en fietsry
Verblyf Gallery
View the embedded image gallery online at:
https://www.almegakamp.co.za/about-us#sigProId47fd529f6f
https://www.almegakamp.co.za/about-us#sigProId47fd529f6f